Noord-Korea lanseer super-groot missiel

Die kommunistiese nuusagentskap KCNA in Noord-Korea het berig dat die land ’n ander toets gedoen het met ’n “super groot veeldoelige vuurpyl”.

Die suksesvolle lansering van die massiewe vuurpyl gedurende verlede week het egter protes ontlok van minstens twee naby geleë lande.

Suid-Korea en Japan het ernstig beswaar gemaak teen die toetsprogram van Kim Jong-Un se regering wat die wêreldvrede in toenemende mate bedreig.

Die kommunistiese leier het aangedui dat die vordering wat Pyongyang in wapen ontwikkeling toon, en dit terwyl samesprekings met die VSA oor kernwapens hangende is, ongehinderd sal voortgaan.

Kim het sy span wat gemoeid is met wapen ontwikkeling gelukgewens met die nuwe prestasie wat ook deur een van die land se koerante met foto’s op sy voorblad besing het.

Japan se mees senior kabinet minister, Yoshihide Suga, het gesê die jongste toets van Korea is ’n oortreding van die Verenigde Nasies se resolusies oor wapenbeheer.

Cory Gardner, die VSA se voorsitter van die Senaat se komitee oor Oos-Asie aangeleenthede, het gesê dit is duidelik dat Korea se toenemende en onbeheerde gedrag tot ernstige kommer lei.