Nog probleme met Boeing vliegtuie

Die Australiese lugredery Qantas het drie van sy Boeing 737 passasiersvliegtuie verbied om op t styg nadat haardikte krake in die vlerke se struktuur gevind is.

Dit is nuwe probleme wat die vliegtuig vervaardiger bygekry het nadat ernstige ongelukke van twee Boeings die lewens van honderde mense geëis het.

Qantas sê in ’n verklaring dat hy genoodsaak was om die drie vliegtuie op die grond te hou uit vrees dat dit ernstige ongelukke kon veroorsaak as dit sou opstyg.

Die haardikte krake is gevind by een van agt boute in die “vurk” van die vliegtuig wat die romp en die vlerk aanmekaar hou.

Die Hoof Uitvoerende Beampte van Qantas sê ’n kontrole program is uitgevoer omdat geen risiko te gering is nie, en ta alle tye vermy moet word om passasiers daaraan bloot te stel.

Hy sê die drie vliegtuie sal op die grond bly tot die probleem reggestel is wat na verwagting teen die einde van Desember sal wees.