Nog ’n verspotte verkwisting

Die departement van Toerisme in Wes-Transvaal het met ’n verspottigheid sowat R4.5 miljoen verkwis om ’n “snaakse valhek” op te rig.

Asof dit nie groot genoeg is nie, is nog R3,4 miljoen verkwis om ’n heining op te rig by die Taung Hotel Skool wat vir R6 miljoen aangekoop is.

Die Departement wat met die verkwisting probeer om toerisme te lok, het glo geen vooraf navorsing gedoen om te bepaal wat die verwagte uitwerking van die verkwisting sal wees nie.

Nou word iemand gesoek wat verantwoordelik was vir die onsinnige verkwisting van geld wat die Departement in alle geval nie gehad het nie.

Die Toerisme Departement wil ook vasstel wie besluit het om sulke snaakse valhekke op te rig sonder om ’n behoorlike tender prosedure te volg.