Nog ’n tornado tref Natal

Rampbestuur spanne is inderhaas ontplooi in die Utrecht gebied in Natal toe berig ontvang is dat ’n kragtige tornado aan die nader beweeg is.

Dit is die derde tornado binne enkele weke wat op verskillende plekke in Natal verwoesting gesaai het, en dele van Nuwe Hanover en Bergville is ook getref.

In ’n verklaring wat Saterdag uitgereik is deur die Departement van Koöperatiewe Samewerking, word bevestig dat die tornado groot verwoesting gesaai het, maar geen amptelike gegewens is beskikbaar oor die omvang van die skade nie.

Weerkundiges skryf die vreemde klimaat toe aan klimaatsverandering wat nou wêreldwyd ondervind word. Talle lande beleef ongekende oorstromings terwyl ander dele gebuk gaan onder lang uitgerekte droogte toestande.