Nog ’n Japanese minister bedank

Katsuyuki Kawai

Die Japanese Minister van Justisie, Katsuyuki Kawai, het ook sy bedanking ingedien by Premier Abe nadat sy vrou skuldig bevind is van verkiesingsbedrog.

Die bedanking is die tweede binne die afgelope week, en opposisielede vra hoeveel ministers nog by die bedrog betrokke is.

Dit is die eerste keer dat kabinetslede van Japan by verkiesingsbedrog betrokke is, al word dit op indirekte wyse gedoen.

Waarnemers se daar bestaan waardering by die kieserskorps vir die eerlikheid van die minister, wat self nie by die bedrog betrokke is nie, maar nogtans sy bedanking ingegee het.

Die minister het aan verslaggewers gesê hy het sy bedanking aan die premier gegee wat ook die bedanking aanvaar het.