Nicaragua kiesers doen aanvalle op Katolieke

Ondersteuners van die president, Daniel Ortega, in Nicaragua het probeer om ’n stormloop uit te voer op ’n Katolieke kerk, wat die spanning in die land tot breekpunt neem.

Die kerkgangers is deur die pro-regering ondersteuners aangeval te midde van ’n oplaaiende spanning tussen die Rooms Katolieke Kerk en die rgering van die Latyns-Amerikaanse staat.

 ’n Man het die priester aangehou terwyl hy in die Metropolitan Katedraal besig was om te bid vir die kerkgangers en die land.

Die Kerk het ook aanvalle in ander dele van die land gehad, en in die weste het die aanvallers in die stad Masaya ook van die kerkgangers aangeval en eiendom beskadig.

In een van die kerkgeboue waar vroue ’n hongerstaking begin het uit verset teen die regering, het aanvallers ingestorm en die vroue glo met stokke en knuppels geslaan.