Nasionalisering van Reserwe Bank weer in kollig

Die nasionalisering van die Suid Afrikaanse Reserwe Bank is weer op die spreekwoordelike parlementêre tafel.  Die voorstel van die wet is verwys na wetgewers en gaan nou weer voorgelê word aan die parlement.

Die EFF se Malema het die wet voorgestel maar dit het verval toe die nuwe parlementslede verkies is.  Ramaphosa is met hierdie indiening van die wetsontwerp tussen twee vure. 

Hy poog om die swak ekonomie op dreef te kry met ‘n soektog na beleggings maar moet terselfdertyd die linker vleuel van sy party tevrede stel.  Markte het in 2018 sterk negatiewe reaksie op die wetgewing om die bank te verander, en Mboweni sal sekerlik ’n rol speel om enige moontlike nasionalisering te voorkom.