Moyane plaas Gordhan onder kruisverhoor

Tom Moyane

Tom Moyane het toestemming van die Zondo Kommissie gekry om die ANC se Minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan onder kruisverhoor te plaas in ’n spesiale sitting van die Kommissie oor Staatskaping.

Die adjunk Hoofregter Raymond Zondo het die goedkeuring gegee nadat die versoek van Moyane vroeër van die hand gewys is.

Die kruisverhoor kom nadat Moyane daarvan beskuldig is vir sy finansiële wanbestuur ten tye toe hy hoof van die SA Inkomstediens was.

Pravin Gordhan het Moyane ernstig beskuldig, en regter Zondo het die kruis ondervraging goedgekeur met die verstandhouding dat dit van Moyane vereis word om sy dokumentasie op te stel en in t handig rakende die beskuldigings wat hy teen Gordhan wil inbring.

Politieke ontleders reken dat Moyane se kruis ondervraging teen hom kan boemerang en sy saak net verder benadeel kan word.