Moody’s druk SA naby rommelstatus

Terwyl Cyril Ramaphosa hom verlustig in die Rugbyspelers se oorwinning in Japan, het Moody’s die land se finansiële stand afgradeer tot vlak by rommelstatus.

In die volgende 12 tot 18 maande sal die Ramaphosa regime goeie planne tot uitvoer moet bring anders is daar nog ’n groot terugslag vir die land wat eens bekend gestaan het as die welvarendste een op die kontinent.

Moody’s is die laaste een van die drie groot graderings agentskappe wat nog geduld openbaar en nie soos Standard & Poor, asook Fitch reeds vroeër die SA ekonomie gesien het as ’n verloorder, en die land afgradeer het tot rommelstatus.

Dit word nou vir SA al moeiliker om geld geleen te kry, en beleggers is nou meer as ooit huiwering om te belê in ’n swak ekonomiese omgewing.