Momberg weer agter tralies

Vickie Momberg wat deur die media as ’n rassis bestempel word, en vir dae deur die polisie gesoek is, het haar uiteindelik aan die polisie oorgegee .

Daarmee het die vrou alle gissings dat sy die land verlaat het, verkeerd bewys, en het ook haar borg voorwaardes ten nouste nagekom.

Sy het aan die polisie gesê sy het die advies van haar regsverteenwoordigers gevolg, en nou eers aangemeld volgens die borg voorwaardes.

Momberg is skuldig bevind aan haatspraak nadat sy ’n swart polisiebeampte herhaaldelik die K-woord toegesnou na sy deur ander swartes beroof is en hy na bewering toegekyk het sonder om sy plig as beampte na te kom.

Sy is nou vir twee jaar agter tralies, en daar bestaan onsekerheid of sy toegelaat sal word om vir goeie gedrag, vroeër vrygelaat sal word.