Momberg en die K-woord

Dit lyk of die vrou wat in haar woede die K-woord herhaaldelik gebruik het, nou moeilik vasgetrek gaan word na haar skuldigbevinding, want die polisie weet nie waar sy haar bevind nie.

Almal het geglo sy woon by haar ouers, maar nou blyk dit dat sy nie daar is nie, en sommige beamptes begin dink sy wil die tronkselle vermy en land uit is.

Vicky Momberg se arrestasie en hofsaak het gelei tot gevangenisstraf van twee jaar nadat sy die K-woord gebruik het in ’n onaangename voorval.

Sy het glo geskuil by haar ouers in Krugersdorp, en die polisie kon tot hede nie daarin slaag om haar op te spoor nie.

Sy het na bewering ’n polisiebeampte 48 keer die K-woord toegesnou na ’n tref en trap ongeluk waartydens die polisie wat na aan die toneel was, glo niks gedoen het om die skuldige aan te keer nie.