Moeilike omstandighede vir Australië

Die groot bosbrande wat duisende hektaar se plantegroei vernietig het, en steeds nie geblus is nie, tesame met die geweldige droogte in dieselfde twee deelstate, maak die vooruitsigte minder rooskleurig.

Die weerburo voorspel dat die huidige droogtetoestand onveranderd gaan bly gedurende hierdie somer, wat ook die moontlikheid van verdere bosbrande verhoog.

Die weerburo waarsku dat die land nog meer hittegolwe kan verwag in New South Wales en Queensland, en voorspel swaar hitte van Desember tot Februarie.

Australië ondervind sy grootste droogte in die geskiedenis, en met die enorme bosbrande wat groot woude vernietig het, is die vooruitsigte troosteloos want dan kom die wintermaande wanneer dit nie reën nie.