Mercedes kanselleer motor se waarborg

Kwazi Mshengu i

Kwazi Mshengu is onlangs daarvan beskuldig dat hy ’n motor verhuring skema gebruik het om te regverdig dat hy nie die ampsmotor van sy voorganger hoef te gebruik nie.

Kwazi Mshengu is die nuut aangestelde opvoedkundige van die Uitvoerende Komitee in Natal, maar is nou sonder ’n motor nadat Mercedes-Benz die waarborg gekanselleer het, sowel as die instandhouding kontrak.

Die vervaardiger het ook sy hoflikheid voertuig herroep wat die senior ANC werker sonder enige voertuig laat wat hy tydens sy werk kan gebruik.

Die vervaardiger het intussen ’n onafhanklike ondersoeker aangewys om vas te stel wat die oorsaak is van die skade aan die motor.

Kenners sê die uitsonderlike optrede van die motorvervaardiger, Mercedes-Benz, om ’n waarborg, dienskontrak sowel as ’n hoflikheid voertuig te herroep, is ’n duidelike teken dat die voertuie misbruik is deur die bestuurders daarvan.

Die optrede van die vervaardiger volg nadat ’n vervalste brief aan Kwazi Mshengu gegee is waarin die vervaardiger sê die motor wat deur sy voorganger gebruik is, is onveilig en moet nie gebruik word nie.

Die Mercedes (GLE 350) wat kwalik een jaar oud is, kos belastingbetalers maandeliks R103,776 sedert Meimaand toe  Kwazi Mshengu in sy amp begin het.

Ingeligte bronne reken die man wil maar net ’n nuwe motor hê, en wil nie in een ry wat deur sy voorganger gebruik is nie.