McDonalds behoort vervolg te word

Die bekende kitskos reus, McDonalds het homself weereens in omstredenheid gehul met sy roomys promosie met ’n slagspreuk wat menige Amerikaner in woede laat uitbars het.

Terwyl die sogenaamde “Halloween” feestyd (heilige fees) sou begin het die McDonalds dit goed gedink om sy slagspreuk “Sundae Bloody Sundae” te propageer tot ergernis van duisende mense.

Met die slagspreuk wou die kitskos maatskappy sy roomys in Portugal bemark en sou selfs met ’n bekende geestelike lied gepaardgaan wat weer verwys na ’n boodskap in Noord-Ierland.

Die druk uit menige oorde het die McDonalds hoofde geforseer om hulle verskoning aan te bied en die gewraakte promosie program te stop.

Talle meningsvormers in verskeie lande het gevra of dit nie moontlik is om McDonalds te vervolg nie, aangesien hulle alle etiese norme en standaarde oortree het.

’n Dag later het die Hoof Uitvoerende Beampte sy bedanking ingedien aangesien hy die veldtog goedgekeur het en daarmee die maatskappy in omstredenheid gedompel het.