Malema volslae leuenaar

Julius Malema is met ’n video opname uitgevang dat hy gelieg het oor sy betrokkenheid met ’n polisie offisier se onderonsie tydens ’n Mandela begrafnis.

Die leier van die Rooi brigade het gesê hy het ’n woordestryd met die offisier gehad, en hy en sy party se woordvoerder, ene Mbuyiseni Ndlozi, het nie die polisiebeampte aangeraak nie.

Nou is die leier en sy meeloper in groter moeilikheid omdat hy gelieg het, want die video opname toon duidelik hoe die twee rebelle die polisie offisier in April verlede jaar fisies aangeval het.

Malema het aan die media gesê daar bestaan geen waarheid in die bewering dat die offisier aangeval is nie, maar was waarskynlik onbewus daarvan dat die voorval op video vasgelê is.

Dit word as ’n baie ernstige misdaad beskou om ’n polisiebeampte fisies teen te staan, en die vermoede bestaan dat dit nog ’n ernstige saak in die hof kan word.