Los die koopgier op Swart Vrydag

Vrydag sal nie ’n gewone Vrydag wees nie, maar wel “Swart Vrydag” waartydens die koperspubliek die winkels instroom en met emosie hulle aankope doen.

Sakemanne en finansiële deskundiges waarsku egter dat die publiek eerder hulle huiswerk moet doen voor hulle blindelings die “Swart Vrydag” tegemoetgaan.

Die Nasionale Krediet Reguleerder doen ’n ernstige beroep op die kliënte om eerder hulle kredietkaarte vir die dag by die huis te laat wanneer hulle die winkels besoek.

Indien daar nie vooraf deeglik beplan is om ’n bepaalde artikel te koop nie, dan moet mense nie sonder deeglike oorweging artikels gaan koop omdat hulle glo dit is “goedkoper” op Swart Vrydag nie.

Mense moet in gedagte hou dat kredietkaarte se uitstaande bedrag moet betaal word, en met die feesseisoen op hande, kan kliënte in ernstige verleentheid kom as Swart Vrydag al die geld opeis wat eintlik met die jaarlikse bonus betaal gaan word – en daarmee is die welverdiende Desember vakansie en feestyd na die maan….

Mense wat hulle aankope slim doen, koop gewoonlik die dag na Swart Vrydag die artikels goedkoper, en ander koop liewer die volgende dag ook niks, en sug van verligting omdat hulle nie skuld gemaak het deur emosioneel t raak nie.