Linkse DA verloor stoom in Gauteng

Stevens Mokgalapais

Stevens Mokgalapais op spesiale verlof geplaas weens verskeie beskuldigings wat glo teen hom ingebring is.

Die linkse DA se posisie in die provinsie het die afgelope paar dae nog verder verswak, en die skandaal en kritiek het die burgemeester niks goed gedoen nie, en die party nog verder verlam.

John Moodey, die DA se provinsiale leier het glo aangekondig dat die burgemeester op spesiale verlof is tot ’n ondersoek afgehandel is.

Hy word daarvan beskuldig dat hy betrokke is by ’n skandalige verhouding met ’n lid van die Burgemeesterskomitee, en die saak word nou binne partyverband ondersoek.

 ’n Gelekte bandopname van ’n gepraat tussen die twee mense, wat blykbaar op die sosiale netwerk is, het ’n klein opskudding veroorsaak wat nou gelei het tot die ondersoek.

Die DA se nagmerrie eindig nie daar nie, want die Rooi brigade het aangedui dat hulle ’n mosie van wantroue in die burgemeester sal steun.