Lekeprediker Buchan in omstredenheid

Lekeprediker Buchan

Die lekeprediker, Angus Buchan, het homself weer in omstredenheid gedompel deur opmerkings te maak wat die inwoners van die land laat regop sit.

Hy het die bewering gemaak dat die enigste mense wat ’n gelofte aan God gemaak het, Afrikaners en Jode is.

Daarmee het hy die hele swart gemeenskap waarvan die Rooi hemde heel eerste was, laat reageer en het die voorval nog verdere gevolge toe die EFF se Godrich Gardee gesê het uitermatige wraak maatreëls moet teen Buchan ingestel word.

Dit is nie die eerste keer dat die lekeprediker homself omstrede gemaak het met uitsprake nie, en behoudende Boere-Afrikaners het tot hede hulle daarvan weerhou om enige kommentaar te lewer oor sy optrede, maar vermy ook sy byeenkomste.

Hy wil glo ’n byeenkoms hou by Loftus in Pretoria gedurende Februarie volgende jaar, en waarnemers sê sy opmerking oor geloftes is ’n strategiese skuif om Afrikaners daarheen te lok.