Krieket SA in gemors

Krieket SA is onder die bestuur van Thabang Moroe besig om al verder “paaltjies” te verloor. Die voorgestelde pos van Direkteur van krieket is steeds nie gevul nie nadat Graeme Smith  as kandidaat onttrek het.  Einde Oktober is Corrie van Zyl (waarnemende direkteur),  Naasei Appiah (hoof operasionele beampte) en Clive Eksteen, kommersiële bestuurder geskors. WP krieket het koppe gestamp met Krieket SA rondom die feit dat slegs twee swart spelers gekies was vir  ‘n wedstryd. 

WP krieket is onlangs deur Krieket SA (KSA) onder administrasie geplaas in ʼn poging om ‘n R81 miljoen lening aan WP krieket op te roep.  WP Krieket het die reëling op arbitrasie geneem en die saak gewen teen KSA.

In die afgelope toernooi van die Proteas teen Indie, kon die SA span geeneen van die toetse wen nie, en is die vraag nog onbeantwoord oor wie eintlik uit die krieket omgewing van KSA weggejaag moet word.