Krag – Munisipaliteit moet verbruikers betaal

Die munisipaliteit van Pretoria is blykbaar verplig gewees om sekere dele van die stad se inwoners te vergoed nadat hulle voedsel bederf geraak het weens ’n kragonderbreking.

Volgens berigte het kabel diewe die onderbrekings veroorsaak, en die munisipaliteit het in gebreke gebly om die “fout” binne ’n redelike tyd reg te stel.

Kabel diewe het die afgelope maande ’n al groter probleem geword, en die gebruik om polisie snags met fietse te laat patrolliewerk doen, word nie meer gesien nie.

Dit is nie bekend hoeveel huishoudings deur die onderbreking geraak is en wat die totale bedrag aan skade is wat betaal moes word nie.