Kommersiële veeboere word benadeel

Vroeg in Februarie vanjaar is aangekondig dat bek-en-klouseer onder beeste uitgebreek het in die swart woonarea van Noord-Transvaal.

Die plaas waar die eerste voorval aangemeld is, is in die Vhembe distrik en het tot gevolg dat Suid-Afrika se uitvoer van rooivleis gekortwiek is.

Terwyl die bedryf nog sukkel om t herstel van die terugslag, het daar weer bek-en-klouseer in die Vhembe distrik uitgebreek, en sal dit beteken dat boere weer ingeperk word om nie hulle markklaar diere te verkoop nie.

Boere het in die laaste jare begin spesialiseer deur diere letterlik op dag en datum te bemark wanneer die afrondingswerk voltooi is, en elke dag wat die diere langer op die plaas bly, is ’n direkte verlies wat teen die wins afgereken word.

Met die onhoudbaarheid van swak beheer teen bek-en-klouseer in Noord-Transvaal, word dit al dringender dat kommersiële beesboere teen die ergenis beskerm word.