Kommer oor Suid-Amerika

Ernstige kommer bestaan oor die politieke polarisasie in verskeie lande van Latyns Amerika, waarvan Venezuela die eerste land is wat onder diktatorskap van president Maduro ten gronde gerig is.

Die eens rustige, en meer stabiele Chili het die afgelope maand sy ernstigste ontrus begin, wat dui op ’n opgekropte ontevredenheid, en wat blykbaar net met ’n opvolg verkiesing weer tot kalmte gebring kan word.

In Argentinië het die sosialiste die mag oorgeneem van die konserwatiewe president Macri, en dit is duidelik dat die land weer in ’n ekonomiese krisis gaan bly vanweë die roekelose spandabelrigheid van die sosialiste in die land.

Bolivia se president het na 14 jaar van regeer, die handdoek ingegooi en bedank nadat die land se opstande so erg geword het dat vrees ontstaan het dat burgeroorlog kon uitbreek.

In Brasilië, waar die nasionalistiese president Bolsonaro onlangs tot regeerder verkies is, het die hof beslis om die voormalige president Da Silva uit die tronk vry te laat, en daarmee is nuwe onrus op die horison te bespeur.

Dit is hierdie onstuimige politieke klimaat in die Suid-Amerikaanse state wat ’n gevaarlike en plofbare situasie skep wat nie net ekonomiese nadele inhou nie, maar kan ook lei tot ’n algehele destabilisering van die kontinent.