Kanada kry waarskuwing van Sjina

Cong Peiwu

Sjina se nuwe ambassadeur in Kanada het die naweek ’n waarskuwing gerig tot die Kanadese regering om nie die leiding van Amerika te volg oor Hong Kong nie.

Ambassadeur Cong Peiwu sê Kanada moet nie die protesteerders steun soos die VSA nie, want dit kan lei tot verdere verswakking in die betrekkinge tussen Sjina en Kanada.

Hy sê sulke optrede soos die VSA tans volg, sal beteken dat dit “baie groot skade” sal meebring aan die reds verswakte bande met Beijing.

Kanada is tans gewikkel in ’n handel en diplomatieke dispuut met die Sjinese, en het reeds verskeie ker sy kommer uitgespreek teenoor Sjina oor die veiligheid van sy meer a 300,000 burgers wat in Hong Kong woon.

Sjina is klaarblyklik bekommerd oor die moontlikheid dat Kanada, net soos die VSA, wetgewing deurvoer wat die protesterende pro-demokratiese opposisie en die studente in Hong Kong steun.

Die ambassadeur het ’n bedekte dreigement geuiter en gesê indien Kanada wel die VSA se optrede volg, sal dit die bestaande verhouding ernstig benadeel “ en dit sal nie in belang van Kanada wees nie”.

Die ambassadeur het ook geëis dat Kanada onmiddellik die hoof finansiële beampte, Meng Wanzhou, vam Huawei moet vrylaat wat deur die polisie aangehou word.