Japanese ruimtetuig oppad aarde toe

’n Ruimtetuig van Japan het sy terugtog na die aarde begin nadat hy ondersoek gedoen oor ’n asteroïed vir ’n volle 18 maande.

Die vernuftige ruimtetuig sal ’n jaar lank neem om terug te keer, en gaan net ’n kosbare monster wat versamel is, in die Australiese woestyngebied afgooi.

Daarna sal die vindingryke tuig weer koers vat die ruimte in vir verdere navorsing.

Hayabusa2 het reeds die asteroïed Ryugu verlaat om die 300 miljoen kilometer reis terug na die aarde af te lê om die kosbare vrag van ’n monstertjie wat versamel is, te kom aflewer.

Die ruimtetuig bring ’n kapsule terug wat van Ryugu se “grondstof” is, en wat van die bo en die onderkant bymekaar gemaak is om vir verdere navorsing te gebruik.

Japanese wetenskaplikes hoop om meer omtrent die sonnestelsel te wete te kom met die navorsingsprogram wat gevolg word.