Japan en Suid-Korea vind mekaar

Die konflik tussen Suid-Korea en Japan wat veroorsaak is deur die Koreane se eis dat Japan oorlogsvergoeding moet betaal omdat sy mense vir Japan moes werk, het blykbaar nou tot rus gekom.

Die historiese geskil is nou eenkant gesit, en ’n belangriker aangeleentheid het die leiers laat besef dat die krisis in die Sjinese Suid See gebied voorrang moet kry.

Die twee lande het hulle verantwoordelikheid opgeneem om die besige, en baie belangrike seeroete te beveilig en kontrole uit te voer in die lig van die onlangse gebeure.

Suid-Korea het onderneem om vliegtuig roetes van noord en suid te kontroleer, en Japan sal die oos- en wes vlugte kontroleer.

Met die twee lande wat gewoonlik op verskillende frekwensies die lugverkeer kontroleer, het die kommunikasie bemoeilik, en is ’n nuwe stelsel ontwikkel om die probleem uit die weg te ruim, en met die stewige ooreenkoms, is die konflik oor oorlogsvergoeding ook tot rus gebring.