Israelse premier sal moet bedank

Avichai Mandelblit

Die Israelse Prokureur-generaal het aangedui dat die land se Eerste Minister, Benjamin Netanyahu, aangekla is weens beweerde korrupsie, en heelwaarskynlik sal moet bedank.

Dit laat kommer in Israel oor wie die land kan lei wanneer sy premier deur twee verkiesings is gedurende die afgelope jaar.

Die aankondiging deur die Prokureur-generaal, Avichai Mandelblit, het die aankondiging gemaak en bygevoeg dat dit die eerste keer is dat ’n Eerste Minister van die land vir korrupsie aangekla word.

Die klag teen die premier sluit ook in dat hy vervolg word weens bedrog, omkopery en die verbreking van vertroue.

Vroeër het die premier in drie gevalle van aanklagte teen hom, ontken dat hy betrokke is by korrupsie, en het hierdie keen weer gesê hy het niks verkeerd gedoen nie.