IS Terroriste kry nuwe leier

Na dae verloop het sedert die dood van die terroriste leier Abu Bakr al-Baghdadi van die islamitiese Staat, het die terreurgroep die afgelope naweek bekendgemaak dat ’n nuwe leier aangewys is.

Abu Ibrahim al-Hashimi al-Qurayshi is geïdentifiseer as opvolger, en het uit die staanspoor aangekondig dat die VSA verantwoordelik gehou word vir die dood van die vorige leier, en dat sy dood gewreek sal word.

Die vorige leier is dood nadat die Koalisie mag onder leiding van Amerikaanse soldate, soveel druk op die leier gesit het met aanvalle, dat hy homself gedood het met ’n bom wat aan sy lyf vasgemaak was.

Die terroris en twee van sy seuns is in die ontploffing gedood, en die Amerikaanse held, ’n opgeleide hond, het ligte beserings opgedoen tydens die ontploffing.