Is Prasa ook bankrot?

Die afgelope week moes die ANC se president, Cyril Ramaphosa ingryp sodat Eskom nie die Passasiers Spoor Agentskap van SA (Prasa) se kragtoevoer afsny nie.

Die kragtoevoer sou afgesny word indien die president nie ingegryp het nie, en sou Prasa se kragtoevoer vir elektries aangedrewe treine afgesny word wat die spoor netwerk tot algehele stilstand sou dwing.

Die wanbetaling van Prasa wat betref sy krag toevoer, word beskou as nog ’n entiteit wat besig is om bankrot te gaan soos Eskom en talle ander staats entiteite.

Prasa is die jongste geval van die staat se entiteite wat nie die mas opkom nie, en word toegeskryf aan die “selfverryking” van werkers wat gedurig onredelike hoë salarisse eis terwyl die wanbestuur ongehinderd voortgaan.