Is dit ons erens?

“Is dit ons erns”. ‘n Gesegde deur Gustav Preller tydens die taalstryd rondom die voortbestaan van Afrikaans.  Vandag beleef die Afrikaner nie net ‘n taalstryd in skole, universiteite en werksplekke nie maar ook ʼn oorlewings stryd finansieel. Verder word Afrikaners op plase, in dorpe en stede fisies vermoor.  Die vraag helaas is of ons mense werklik besef in watter donker uur ons volk is?

Stap jy by ‘n huis in van ʼn vriend/kennis of selfs ‘n lidmaat van jou kerk dan staan jy verstom oor hoe ons mense vandag “leef”.  Daar is aan die eenkant die volslae pessimisme rondom die toestand van die land maar aan die ander kant die “stille” oorgawe wat daar heers en die meegaan in die stroom van vernietiging. 

Hoekom sê ek so?  Kyk jy in daardie huis van jou vriend/kennis/lidmaat vind jy die propaganda media langs sy leunstoel.

Die Burger/Beeld/Volksblad/Huisgenoot en selfs op ʼn Sondag die Rapport. Daardie medium wat gebruik was en steeds gebruik word om mense te breinspoel om die nuwe Suid Afrika met sy multi-kulturele opset te aanvaar, om deel te word van die reënboognasie sindroom van ʼn Mandela.

Kom jy toevallig vroeg-aand by jou volksgenoot is Kyk-Net se nuus kanaal aan of selfs die SABC se kanaal.  Daar word nog steeds na die lokasie sepies gekyk waar rasvermenging en selfs verhoudings tussen dieselfde geslagte plaasvind.  Nog meer tragies is ons ouers se beheptheid met sport en sosialisering deur hardnekkig hul kinders bloot te stel aan nuwe kurrikula en leerplanne wat deur die ANC se departemente van onderwys op kinders afgedwing word.

Dr DF Malan het op ʼn stadium gesê:  “Ja dit is ons erns”.  Wanneer gaan ons mense erns maak met hul toekoms en die van hul kinders? Wanneer gaan daar verset kom teen volks-uitwissing?  Wanneer gaan ons besluit “Dit is ons erns” en ons skaar by ʼn organisasie soos die Boere Afrikaner Volksraad, TLUSA of die HNP?

Wanneer gaan ons terugkeer na die kerke waar daar nog suiwer Woordverkondiging plaasvind? Wanneer gaan ons ons verootmoedig voor ʼn God van Bloedrivier?

Dit het ʼn laat uur geword in die Afrikaner se voortbestaan.

Jan Bekommernis