Iran versnel uraanverryking proses

Die regering van Iran het begin met die ontwikkeling van nuwe, meer gesofistikeerde toerusting wat die verryking van uraan sal versnel.

Die optrede van Iran volg te midde van swaar sanksies wat teen die land ingestel is, en sal waarskynlik met die verrykte uraan sy kernprogram hervat ongeag die ooreenkoms met Rusland en Europese lande.

Die verwikkeling kom as gevolg van die Amerikaanse president se besluit om te onttrek uit die ooreenkoms met Iran, en daarmee ’n “koue oorlog” begin waaroor Iran klaarblyklik nie enige kommer openbaar nie.

’n Woordvoerder van Iran sê die nuwe verwikkeling om verrykte uraan vinniger te vervaardig, is ’n toonbeeld van die land se kapasiteit en sy gedetermineerdheid om nie deur die VSA onderdruk te word met sanksies nie.