Iran onttrek verder uit kern-ooreenkoms

Iran sal binnekort begin met die inspuit van gas in ’n sentrifugale stelsel om sy “Fordow” verrykingsaanleg se produksie te versnel, het die land se president, Hassan Rouhani verklaar.

Met die stap van Iran word die pogings van Europa om die kernwapen ooreenkoms staande te hou, verder gekompliseer.

Die ontwikkeling van nuwe tegnologie om die verryking van uraan te versnel, het reeds die verhouding tot die kernkrag ooreenkoms versuur, en die jongste aankondiging deur die president is ’n teken dat Iran nie van plan is om die knie t buig nie.

Ingevolge die 2015 ooreenkoms tussen Iran en die wêreldmoondhede, het Iran ingestem om die Fordow te verander om die produksie van verrykte uraan te beperk, maar nadat President Trump besluit het om te onttrek uit die ooreenkoms wat die Obama regering aangegaan het, en geëis het dat iran instem tot ’n nuwe ooreenkoms, het die verhouding en spanning sodanig verander, dat Iran nou sy produksie versnel en waarskynlik oorweeg om kernwapen toetse uit te voer.