Irak word land van geweld

In Baghdad en omgewing het veiligheidsmagte die afgelope weke meer as 260 burgerlikes doodgeskiet wat deelgeneem het aan verset optogte in die stad.,

Veiligheidsmagte het die afgelope twee dae met lewendige ammunisie en traangas onder die betogers ingevaar, en tientalle is ernstig gewond en selfs met rubber knuppels katswink geslaan.

Die anti-regerings optogte en demonstrasies wat nou reeds weke duur, het Woensdag ’n hoogtepunt bereik toe die grootste aantal mense nog ooit aan ’n demonstrasie deelgeneem het, maar is ook gekenmerk deur die gewelddadige optrede van veiligheidsmagte.

Die drie hoof brûe, bekend as Ahrar, Shuhada,en Bab al-Muatham het in ’n klein oorlog sone verander toe polisie en soldate met rubber koeëls en traangas probeer het om die skare uiteen te jaag.

Die protesteerders het die drie brûe afgesluit vir verkeer na die stad, en die veiligheidsmag het moeite gehad om die massa mense te verdryf, en het glo met lewendige ammunisie in die lug geskiet in ’n poging om die skare af te skrik.