Irak aktiviste brand Iran konsulaat

Woedende protesteerders van Irak het die konsulaat van Iran in die hoofstad Baghdad stormgeloop en aan die brand gesteek.

Personeel in die konsulaat het die gebou vlugtend verlaat voor die plek in vlamme opgegaan het, maar brandweer personeel het gou op die toneel verskyn.

Die protesteerders het daarin geslaag om oor die versperrings en heining te kom waarna brande op verskillende plekke van die gebou begin het.

Irakese kiesers het die strate oorgeneem toe derduisende mense in hulle optogte geëis het dat die landsregering moet bedank omdat hulle glo die regeerders is korrup.

Die protesteerders sê die regering dans na die pype van buitelanders, waarvan die naburige state soos Iran die grootste manipuleerder is.

Die regering van Irak se veiligheidsmagte het reeds meer as 300 protesteerders doodgeskiet in die afgelope weke van onrus, en verskeie lande het aanbeveel dat die regering van Irak bedank en ’n algemene verkiesing uitskryf ten einde die gewelddadige verset te beëindig.