Indiërs verstik in lugbesoedeling

Die owerheid in die Indiese hoofstad New Delhi moes weens die gevaarlike vlak van lugbesoedeling, selfs motorvoertuie verbied om te ry, sodat die lugbesoedeling verminder kan word.

Die owerheid het voertuie waarvan die registrasie nommer op ’n ongelyke getal eindig, verbied om in die strate te ry.

Die VSA se stelsel om die gehalte van lug te meet, toon dat die skadelike stowwe meer as 500 tel, wat glo die lugweg siektes en hart aandoenings veroorsaak.

Alhoewel mense veronderstel is om lugsuiwering maskers te dra, is duisende daarsonder, wat die gevaar van toenemende siektetoestande verhoog.

Die owerheid het ’n nood gesondheid tydperk afgekondig wat geldig bly tot minstens 15 November, waarna dit heroorweeg sal word.