Inbraak by Venezuela opposisie wek kommer

Juan Guaido

Ongeïdentifiseerde en gemaskerde inbrekers het hulle weg oopgebreek en die kantore van die amptelike opposisie in Venezuela  binne gegaan.

Die Popular Will Party van die opposisieleier, Jian Guaido, is die afgelope naweek benadeel toe die inbrekers die kantore binnegedring het enkele ure voor die groot protes optog sou begin.

Die leier sê sy party het deeglik beplan om die naweek landswyd in massas bymekaar te kom uit verset teen die diktator, Nicolas Maduro, se bewind.

Juan Guaido word deur sowat 50 Westerse lande erken as die tussentydse president van Venezuela, en erken nie Maduro as staatshoof nie weens sy beweerde verkiesingsbedrog van die afgelope jare.

Meningsvormers reken die inbraak in die kantoor van Juan Guaido is daarop ingestel om iets te vind waarop hy aangekla kan word ten einde die angel uit die naweek se verset optogte te haal waarin Maduro se bedanking geëis is.