Hongarye en Rusland onderhandel oor aardgas

Die reuse pyplyn, bekend as die TurkStream wat gas na die Sentraal Europese gebied bring, is waarskynlik die hoof onderwerp tussen Hongarye en Rusland.

Die Russiese president, Vladimir Poetin en Hongarye se Eerste Minister, Viktor Orban, voer indringende samesprekings oor gas voorsiening.

Die pyplyn wat nie deur die Oekraïne gaan nie, en kernenergie is ook deel van die belangrike onderwerpe wat deur die twee leiers bespreek word.

Die nasionalistiese premier Viktor Orban wat reeds sedert 2010 die Hongaarse regeringsleier is, het gesê dit is nodig om ’n goeie verhouding met Rusland se president, Vladimir Poetin, te handhaaf, maar ontleders meen die Russe het die hef in die hand met die gas voorsiening terwyl min goedere vanaf Hongarye aan Rusland gelewer word.

Rusland se gas voorsiening aan die Oekraiene word volgens kontrak gelewer wat einde Desember verval, en ’n nuwe ooreenkoms moet getref word te midde van baie hindernisse.

Die vermoede bestaan dat premier Orban sal poog om die ooreenkoms met die Oekraiene so te plooi dat gas voorsiening aan Hongarye deur die TurkDtream pyplyn kan geskied.

Rusland beplan om die eerste deel van die nuwe pyplyn binnekort te aktiveer wat oor ’n jaarlikse kapasiteit van 15,7 miljard kubieke meter gas beskik.

’n Tweede deel van die projek wat dieselfde kapasiteit het, sal na verwagting vanaf Boelgarye na Siberië en Hongarye loop.