Hong Kong leier erken haat foute

Carrie Lam, die kommunisties gesinde leier in Hong Kong het erken dat die oorweldigende meerderheid wat deur die pro-demokrate behaal is, toegeskryf word aan die swak regering van haar eie span mense.

Sy sê die reuse oorwinning teen haar beteken dat die mense dit onderstreep het hoe ontevrede hulle is met haar administrasie.

Dit word nou bespiegel dat die regering in Beijing haar gaan vervang as leier, maar moet met so ’n stap rekening hou dat byna 90% van die kiesers wat gestem het, teen die kommuniste gestem het.

Die verpletterende nederlaag het Beijing onkant gevang, en word daar nou agter geslote deure planne gemaak om die ergste skade met nuwe planne en strukture te herstel, maar hulle bekommernis is dat die pro-demokrate weer die strate op horings kan neem.

Intussen het Beijing begin om buitelandse opstokers te blameer vir hulle nederlaag, en eis dat die VSA, Brittanje en ander lande in Europa hulle moet weerhou van inmenging in die sake van die soewereine Hong Kong wat onder Sjinese heerskappy staan.