Hitler geboorteplek word polisiestasie

Die regering van Oostenryk het vir jare gesukkel om te besluit wat met die woonplek gemaak moet word waar Adolf Hitler gebore is.

Die woonhuis was later die eiendom van ’n Duitser wat geweier het om dit aan die regering van Oostenryk te verkoop.

Met ’n lang geskiedenis van wat moet met die gebou gedoen word, was daar verskillende besluite wat die een na die ander laat vaar moes word weens verset van die bevolking.

Die verskillende regerings in Oostenryk het talle besluite geneem, waarvan een selfs was om die gebou te sloop omdat dit op daardie stadium deur dwelmmiddel gebruikers beset was.

Mense ten gunste van die instandhouding het egter met hofsake verhoed dat die gebou vernietig word, en het aangevoer dat dit ’n toeriste aantreklikheid is, en ander het beweer dat dit ’n gebou is wat nuttig gebruik kon word as museum.

’n Woordvoerder van die regering in Oostenryk het nou bevestig dat die gebou opgeknap sal word om te dien as polisiestasie, en sal ook ingerig word om verskeie kantore vir polisiebeamptes te word.