Heksejag teen Trump het begin

Wat deur die Amerikaanse president as die grootste heksejag in die geskiedenis van die land bestempel is, sal nou in volle swang kom nadat die Amerikaanse Huis van Afgevaardigdes met ’n geringe meerderheid besluit het om voort te gaan met die proses om die president in ’n staat van beskuldiging te plaas.

Die resolusie wat aanvaar is, is die eerste stemming onder leiding van die Demokratiese Party om die president uit sy amp verwyder te kry.

Die afgelope stemming is ’n ondersteuning van hoe die staat van beskuldiging se ondervragings teen die president hanteer sal word.

Die verdeeldheid in die Huis van Verteenwoordigers was sigbaar toe verskeie Demokrate teen die besluit gestem het terwyl die republikeine almal teen die prose gekant is.

Met ’n stemming van 232 teenoor 196 is die eerste stappe begin, en sal getuienisse aangehoor word oor President Trump se versoek aan die president van die Oekraïne om die saak van jare gelede teen Joe Biden en sy seun te heropen.

Die demokrate beweer dat trump die Oekraïne president afgedreig het om die finansiële steun terug te hou, maar die president van die land het ontken dat Trump hom afgedreig het.

Tydens ’n verkiesingsveldtog byeenkoms het president Trump gesê hy het niks verkeerd gedoen nie, en beskou die Demokrate se tweede poging om hom in ’n staat van beskuldiging geplaas te kry, as ’n heksejag soos wat nog nooit tevore in die VSA teen ’n president gevoer is nie.

Vroeër wou die Demokrate, met die samewerking van CNN televisie probeer om hom in ’n staat van beskuldiging geplaas te kry met valse bewerings dat hy met Rusland saamgesweer het teen die Demokrate tydens die presidentsverkiesing.

Intussen het die Minister van Energie, Rick Perry, gesê hy weier om voor die Demokratiese party se ondervraers te getuig, maar daar bestaan onduidelikheid of hy verplig kan word om voor die komitee te verskyn.