Gwede Mantashe het gelieg

Gwede Mantashe

Die ANC se Minister van Energie en Minerale, Gwede Mantashe, het baie om te verduidelik en antwoorde te verstrek oor sy oorvol dosis van dubbel pratery.

Die minister se uitlatings wat ook gekoppel word aan dreigemente van wetsoptrede het hom nou laat beland tussen rotse wat nie skiet gee nie.

Die drama het kop uitgesteek toe bewerings in die oopte gekom het dat die minister twee “onbekende” joernaliste omgekoop het om nie te rapporteer oor sy skandalige storie nie.

Die minister het ontken dat hy die joernaliste omgekoop het en R70,000 betaal het om die storie uit die koerante te hou.

Die storie het egter nie weggeraak nie, en koerante het elkeen sy eie weergawe gegee oor die minister se verhouding, sonder om baie pertinent te wees.

Die minister het later gesê die feit dat hy wel erken het dat omkoop geld betaal is, “het hy dit nie so bedoel nie”.

Die Rooi hemde eis nou sy bedanking,  die amptelike opposisie party het ’n klag gelê by die Parlementêre Etiese Komitee en die SA Nasionale Redakteursforum het gevra dat kriminele klagtes teen die minister gelê word.