Guatemala breek bande met Venezuela

Alejandro Giammattei

Die nuut verkose president van Guatamala, Alejandro Giammattei, het gesê hy sal, sodra hy ingehuldig is as president, sy land se bande met Venezuela verbreek.

Hy sê die diplomatieke verhouding met die regering van president Nicolas Maduro sal na 14 Januarie 2020 afgesny word.

Die konserwatiewe president van Guatemala het die verkiesing reeds in Augustus gewen, maar word eers op 14 Januarie volgende jaar ingehuldig.

Alejandro Giammattei sê sy regering sal soos ander Westerse lande, hulle steun gee aan die opposisieleier, Juan Guaido wat deur baie lande erken word as die tussentydse president van Venezuela.