Gru ongeluk op M7 eis lewens

Minstens een vragmotorbestuurder is dood in ’n ongeluk op die M7 hoofweg terwyl minstens agt mense ernstige beserings opgedoen het en na hospitale geneem is.

Die ongeluk het by die Edwin Swales (nou Solomon drive) plaasgevind waar drie groot vragmotors in mekaar vasgery het en ’n kettingbotsing veroorsaak het wat minstens sewe motors in mekaar vasgery het.

Alhoewel die amptelike verklaring nie beskikbaar is wat die red vir die massiewe ongeluk uiteensit nie, sê mense die vragmotors was in ’n resies met mekaar gewikkel, en met hulle botsing het die motors agter in die vragmotors vasgery.

’n Woordvoerder van paramedici sê die ongeluk het gru tonele gelewer wat onbeskryflik is en nog nooit voorheen in enige voorval gesien is nie.