Goud se verkope maak hom skatryk

Laat in verlede jaar, terwyl president Omar Hassan al-Bashir nog die mag probeer behou het in die Soedan, het een van die land se mees gevreesde militêre leiers dit wêreldkundig gemaak dat hy gekant is teen die man wat so lank oor die land regeer het.

In ’n toespraak wat hy voor ’n juigende skare troepe gehou het, Mohamed “Hemedti” Hamdan Dagalo gesimpatiseer met die derduisende opposisie protesteerder wat letterlik die strate van elke stad oorgeneem het.

“Daar is mense wat groot skade aanrig, en hulle is die amptelike regeerders, nie die arm mense van die land nie”, het hy gesê en daarmee die massas na sy kant laat draai.

Hy is bekend daarvoor dat hy vir baie jare bankvas agter die president gestaan het, en selfs betrokke was as ’n sleutel figuur in die kaping, en nou ook die mees senior persoon in die oorgangsregering.

Maar hierdie man het ook ’n stelsel ontwikkel waarmee hy homself skatryk maak met die verkope van stawe goud.

Hy het sy “mynwerkers” wat nie net in myne werk nie, maar wat ook goud opkoop teen lae pryse en dit dan in stawe smelt om teen internasionale pryse te verkoop.

Natuurlik gaan hy slim te werk met ’n groot aantal rykes om hom versamel wat meedoen aan die verryking terwyl die bevolking aan sy lippe hang as hy die arm mense prys en die regeerders blameer vir alles wat verkeerd is.