Geen speletjies meer Ramaphosa

Die jongste afgradering van Suid-Afrika se ekonomie deur die grderings agentskap Moody’s het ekonome en finansiële deskundiges na die penne laat gryp.

Alhoewel almal min of meer dieselfde waarskuwings tot die ANC se president gerig het, is daar die uitskieter argument dat Ramaphosa nou al die praatjies en “speletjies” moet los want die tyd het gekom vir daadwerklike optrede om Suid-Afrika ekonomies uit die gemors te trek.

Eskom staan heel bo met dy skuldlas van R450 miljard, maar selfs dit is nie die grootste kwelling nie, want die buitelandse skulde is so enorm groot dat Ramaphosa dit eerste prioriteit moet maak om op te hou koop en te begin met positiewe produksie.

Die president se aankondiging dat vier prominente lede verantwoordelik gemaak is om beleggers in die verskillende sektore te werf, klink goed, maar met mense soos Derek Hanekom as een daarvan, lyk dit maar na ’n tweedehandse poging, se finansiële kenners.

Die ANC regime sal die land se skuldlas moet verminder, en die wurggreep van vakbonde wat gedurig onredelike looneise stel terwyl die produktiwiteit stagneer, aanspreek met ’n algehele ommekeer.

Om dit alles te doen en die bankrot entiteite weer winsgewend te maak, sal nuwe werksgeleenthede geskep moet word, maar dit wil lyk of die regerings nie oor so ’n vermoë beskik nie weens sy drog-beleid oor swart bevoordeling.