Gauteng se begroting verhoog vir werkskepping

Die vergrote begroting van Gauteng is bedoel om beter infrastruktuur te skep, en meet werksgeleenthede te ontwikkel, maar dit kom ten koste van die minder gegoede provinsies wat nou met minder moet klaarkom.

Waarnemers sê die vergroting van die provinsie se begroting sal bydrae tot meet korrupsie en groter wanbestuur.

Die LUR van finansies , ene Nomantu Nkomo Ralehoko, het glo R443,9 miljoen bygevoeg tot die Gautengse begroting, wat glo geoormerk is vir verbeterde infrastruktuur en die instandhouding van bestaande strukture.

Kenners wys daarop dat die enorme verval in die twee grootste stede, Johannesburg en Pretoria van so ’n reuse omvang is dat die begrote syfer ’n druppel in die emmer is wat betref die herstel van vervalle gebiede.

Daar sal dus geen verbetering met nuwe strukture oorweeg kan word behalwe as die bestaande vervalle strukture onaangeraak gelaat gaan word.

Na raming is minstens R5 miljard nodig om die vervalle strukture op te gradeer en aandag te gee aan moontlike nuwe infrastruktuur.