Gauteng onderwys in chaos

Panyaza Lesufi

Die omstrede LUR vir Onderwys in Gauteng se planne met die plasing van blankes in swart woongebiede se skole, is ’n algehele mislukking en met nog net vier dae oor, gaan baie kinders nie weet waarheen om te gaan op die eerste skooldag van 2020 nie.

Alhoewel Panyaza Lesufi heftig ontken dat dit sy bedoeling is, wys opvoedkundiges daarop dat hy geensins rekening gehou het met die bewese stelsel van kinders gaan na die skool wat naaste aan hulle woonplek is nie.

Sy stelsel om kinders aanlyn te plaas is ’n reuse mislukking, en honderde kinders was Maandag nog nie geplaas in enige skool nie.

Nagenoeg 9,000 skoliere moet nog in kennis gestal word waar hulle geplaas gaan word, en talle ouers het besluit om die chaos te vermy en wil hulle kinders nou in CVO-skole plaas.

Panyaza Lesufi se versekering dat elke kind geplaas sal word, het egter daartoe gelei dat verskeie skole nou met ’n oorbevolking sit, wat gehalte onderwys weer in gedrang bring.