Gauteng hospitale het veiligheidskrisis

Dit gaan die staat meer as R6 miljard kos om 32 hospitale se veiligheids gradering te voltooi. Die verval en agteruitgang van die hospitale is veral opmerklik by elektriese installasies, brand beskermings toerusting, hysbak regulasies en stoor fasiliteite. 

Die toestand kan toegeskryf word aan kontrakteurs wat nie gehalte werk lewer nie en swak instandhoudings programme.  Die kommer bestaan dat geen een van die hospitale deel sal kan wees van die regering se Nasionale Gesondheid Versekerings program nie aangesien hul nie geakkrediteer is deur die Kantoor van die Gesondheid Standaarde nie.

Intussen het minister Tito Mboweni in die mini-begroting aangedui dat die Gesondheidsplan van die baan is weens die uitermatige swak toestand van die Suid-Afrikaanse ekonomie.