EU: Noord-Masedonië se aansoek afgekeur

Moord-Masedonië het hulle teleurstelling uitgespreek oor die mislukking van die Europese Unie om ’n gesprek te open, het die land se Eerste Minister,  

Zoran Zaev gesê nadat lidmaatskap nie toegestaan is nie.

Die Franse president, Emmanuel Macron, en ’n klein groepie leiers in die EU het die moontlikheid om gesprekke te open met Albanië en Noord-Masedonië gekelder.

Macron het die moontlikheid van onderhandelings geblokkeer te midde van toenemende invloed van Rusland en Sjina onder die Balkan lande in die oostelike gebied van Europa.

Die Eerste Minister sê Noord-Masedonië het geen alternatiewe oplossing om weerstand te bied teen Russiese en Sjinese invloede nie, en behoort dus opgeneem te word as ’n lidland van die Europese Unie.

Vroeër het die EU te kenne gegee dat Noord-Masedonië se aansoek gunstig oorweeg sal word na die naamsverandering na die huidige Noord-Masedonië gefinaliseer is.