Eskom sny krag toevoer af

Die nasionale kragvoorsiener spartel om kop bo water te hou met sy skuldlas van meer as R450 miljard en die oneffektiewe funksionering van talle kragsentrales.

Benewens sy eie probleme, het Eskom nog deurgaans met huiwering opgetree teen munisipaliteite wat nie hulle maandelikse verbruik aan Eskom betaal nie, en Eskom te lamlendig is om op te tree teen die wanbetalers.

Gebiede soos Orange Farm en dele van Soweto se krag is afgesny weens wanbetaling, en alhoewel daar reeds vir jare gevra is dat kragvoorsiening afgesny moet word by wanbetalers, het Eskom lafhartig gebly en dit nie gedoen nie.

Op die laaste dag van Oktober het Eskom besluit om sekere wanbetalers se krag af te sny, maar die korrekte metode behoort te wees om alle munisipaliteite wat langer as 30 dae agterstallig is, te waarsku dat hulle krag binne twee weke afgesny gaan word as betaling nie gemaak is nie.