Eskom kry deurwinterde hoof

Die dae van wag en gis is verby nadat bekendgemaak is dat Andrew de Ruyter die ondankbare pos van Eskom sal beklee.

Dit gaan sy taak wees om die bankrot entiteit te red van algehele ondergang, veral as in aanmerking geneem word dat die kragvoorsiener met talle finansiële probleme opgesaal sit.

Die Minister van Openbare Sake het aangekondig dat De Ruiter  uit sy pos by Nampak tree om die onbenydenswaardige pos te beklee.

Andrew de Ruiter is die Hoof Uitvoerende Beampte van Nampak die grootste verpakkingsmaatskappy in Suid-Afrika, het het die pos vir 5 jaar beklee.

Met sy grade LLB en MBA wat onderskeidelik by die Universiteit van SA en die Universiteit van Pretoria verwerf is, word beskou as een van die bekwame mense wat oor die vermoë beskik om Eskom reg te ruk indien die ANC regering nie gedurig gaan inmeng in sy besluite nie.

De Ruyter is uit ’n 142 aansoekers gekies om die pos te beklee wat hy in Januarie sal begin om nie sy Kerstyd te bederf nie.

Numsa se opmerking dat De Ruyter se aanstelling ’n belediging is vir die swart aansoekers, word as vreemd, rassisties en ongevraagd beskou, want die beste aansoeker het die pos gekry.